Gaan maak vir jou ietsie om te drink, trek 'n gemaklike stoel nader want hier kan dit lekker raak. Ons deel 'n paar van ons gunstelinge met julle.
Natuurlik sal Prof. Erik Holm se stories uit sy boek "Natuur-lik!" hope vermaak en ook 'n ander tipe insig verskaf. Prof. Erik was so gaaf om te sê ons mag sy stories hier beskikbaar maak vir almal om te geniet. Dan is daar ook 'n klompie ander skrywers wat ons aanbeveel in ons boekrak afdeling. Met die tyd sal ons meer boeke oplaai wat ons nuttig en vermaaklik vind.
Omdat ons nou al lank in die omgewingswêreld is het ons 'n lys van al die Rooitrok vriende gemaak. Dit is organisasies. plekke en individue wat iets probeer doen vir die omgewing en vir die natuur. Gaan blaai gerus daardeur om te sien wie hulle is en wat hulle doen.







