Ons Aardwolwe soek wyd en syd na goeie omgewingstories. Natuurlik gaan dit gepaard met hope pret en ook baie myle in die betroubare Rooitrok, lang nagte en 'n paar liter koffie per dag maar ons kla nie want dít is wat ons maak tiek!
Ons vertel die storie soos hy is, hier word geen doekies omgedraai nie want ons het 'n verpligting teenoor ons kykers.
Hulle wil ook weet wat agter die kap van die byl lê.
Tans is ons besig met ons vyfde reeks, so as jy van ons episodes gemis het, wees gerus want hier kan jy dit weer kom kyk. En dit kos jou niks.
Sondae om 20:30 kan jy die nuutste episode (20:00,Kyknet) hier kom kyk en omdat ons wil hoor wat julle te sê het, het ons 'n groepsbespreking daarna (21:00) op Projek Aardwolf se Facebookblad, so kom loer in en maak jou stem dik.
Hoe meer stemme, hoe geselliger!







