Rooitrok

  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font

Kykerbydraes


PROJEK AARDWOLF


KYKERBYDRAES
POSBUS 85193
EMMARENTIA
2029


Alle pos/koerier-kostes is by pryse ingesluit maar slegs na bestemmings in Suid-Afrika.

 

Die weeklikse prys - geborg deur Canvas & Tent - wat toegeken word vir die beste kykerbydrae bestaan uit:

1x Gemsboktent
2x Kampstoele
1x Bushtec Eetgereistel
1x Bushtec slaapsak
1x Gazebo

Aan die einde van Reeks 8 (Januarie 2014) sal die algehele wenner van Reeks 7 & 8 die groot prys van Canvas & Tent ontvang.


Die prys sluit in:

2 nagte verblyf by Springbok Lodge vir twee mense
2 vlugte na die lodge indien nodig
'n Gehuurde motor vir vervoer tussen lughawe en lodge

1x Canvas Full Solution Tent & Gazebo met kantseile, muskietnet & grondseil
2x Slaapsakke
2x Stretchers
1x Tafel
2x Kampstoele
1x Stormboma
1x Safari koelsak


Voorwaardes vir deelname


Algemene beskrywing:

Die regisseur van die program Projek Aardwolf op kykNET nooi kykers om amateur video-opnames, foto’s, digitale beelde of skyfies van lukraak gebeure in die natuur vir oorweging en insluiting in die kykerbydraegleuf in te stuur.

Bydraes wat gekies word om deel van die program te wees sal in aanmerkingkom vir die weeklikse prys.

Alle bydraes wat in die program gebruik word sal weer beoordeel word en in aanmerking kom vir die groot prys aan die einde van die jaar.

Slegs fotografiese, video of digitale materiaal wat aan die Kode van die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika se Uitsaaikode voldoen, sal in aanmerking geneem word vir uitsending in die televisiereeks.

Die regisseur van Projek Aardwolf en kykNET kan nie verantwoordelik gehou word vir die verlies van materiaal wat ingestuur word vir die doel van die kompetisie nie.

Inskrywingstappe:

Kykerbydrae-inskrywings moet gestuur word aan:

Projek Aardwolf
Kykerbydraes
Posbus 85193
Emmarentia
2029

e-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien - e-pos kleiner as 5Mb

Oorspronklike materiaal moet nie ingestuur word nie tensy so versoek.  Geen bydraes sal teruggestuur word, of dit in die program ingesluit word of nie.

Verantwoordbaarheid
Werknemers van Projek Aardwolf en kykNET, hul ondergeskiktes, geaffilieerdes, aangewysdes en lede van hul onmiddelike families sal nie in aanmerking kom vir pryse nie.

Kompetisiereëls
•    Enige persoon wat nie aan die reëls en regulasies van die kompetisie, soos hierin beskryf, voldoen nie, sal gediskwalifiseer word en nie in aanmerking kom vir enige pryse nie.
•    ‘n Paneel van beoordeelaars soos aangewys deur Projek Aardwolf, sal besluit wie die wenners is.
•    ‘n Voorlegging sal slegs een keer oorweeg word vir deelname in die kompetisie.
•    Die inskrywer/deelnemer gee toestemming dat die bydrae uitgesaai mag word en in die argief van Projek Aardwolf opgeneem mag word en weer gebruik kan word in die program.
•    Alle pos/koerier-kostes is by die wenner se pryse ingesluit maar slegs na bestemmings in Suid-Afrika.  
•    Professionele fotograwe en kameramanne is welkom om deel te neem alhoewel hulle nie in aanmerking sal kom vir pryse nie.  
•    Bydraes wat voorheen in enige vorm of wyse publiek gebruik of gebeeldsend is sal nie vir pryse oorweeg word nie
•    Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie in kontant omskep word nie.
•    In die geval van ‘n gekose wenner, behou Projek Aardwolf die reg om alle persoonlike inligting aan die borge van die pryse deur te gee.
•    Wenners sal skriftelik deur die borge in kennis gestel word van hul pryse soos op die webblad uiteengesit.
•    Projek Aardwolf of kykNET, kan nie verantwoordelik gehou word vir die aflewering, of die toestand en kwaliteit van enige pryse wat in terme van hierdie kompetisie toegeken is nie.
•    Dit is die verantwoordelikheid van die wenner om die pryse by ‘n adres, soos deur die borg besluit, af te haal.
•    Die beoordeelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal hieroor deur Projek Aardwolf aanvaar word nie.

Die kompetisie sluit 10 Desember 2013.

 

Wenners 2013

14 April 2013 - Derick Oosthuizen

 

 

Inligting oor die Nylsvlei Bedreiging

Kruger Reeks


Wie is ons?

Kalender

June 2013
M T W T F S S
27 28 29 30 31 1 2
3 4 5 6 7 8 9
10 11 12 13 14 15 16
17 18 19 20 21 22 23
24 25 26 27 28 29 30

Omgewingsnuus

BEDREIGING VAN DIE NYLSVLEI VLOEDVLAKTE

Die Nylsvley-vloedvlakte & reservaat is ons land se mees unieke riviersisteem & word nou bedreig deur 'n voorgestelde oopgroef-platinamyn. Die voorlopige omgewingsimpakstudie is gedoen & tans beskikbaar vir publieke komentaar. Vir meer inligting, kontak:


Bradley Thorpe
Senior Environmental Manager

Escience Associates (Pty) Ltd
E-mail: bradley@escience.co.za
Web: www.escience.co.za
PO Box 2950, Saxonwold, 2132
9 Victoria Street, Oaklands, Johannesburg, 2192
Tel: +27 (0)11 718 6380
Fax: 086 512 5681
VAT No: 473 025 4416
Reg No: 2009/014472/07

Rooitrok Twitter